Tuesday, 24 April 2018

Die spoke van die Gansbaai woonstelblok. – Overberg Coast, Western Cape, South Africa

 As daar een plek is wat nogsteeds vir my nagmerries gee is dit die woonstel in Gansbaai, die een oorkant die ou Sea View Hotel. My ouers het daar ‘n plekkie gekry om te huur toe ons nog klein was, die woonstel op die onderste vloer, met sy ingang oorkant die hotel. Volgens my Pa was dit ‘n geluk, want in daardie tyd was daar nie vakansie huise beskikbaar in hierdie vissersdorp nie.



Geluk, is seker ‘n snaakse woord vir die wete dat die rede vir die oop woonstel die moord van ‘n man was. Nee, geluk het my Pa gesê, oor die feit dat die vissermanne so bygelowig was en nie in die woonstel wou bly nie. Ja, die vissermanne sou nie daar bly nie. Ook nie daar binnegaan nie. Ons moes self die bloed van die mure en plaffon, by die voordeur afwas.

Die moordenaar, was ‘n jong man wat daardie aand vanaf die hotel oorgenooi was na die woonstel. Iets het hom so kwaad gemaak dat jy nie eens die oom se kat gespaar het nie. Ons moes hom onder die bad, in die buite badkamer gaan uithaal om te begrawe.

Snaaks genoeg, volgens die stories was dit nie die eerste of enigste dood in die blok nie. So het ons mettertyd uitgevind.

In die einste woonstel het daar jare terug ook ‘n moord plaas gevind, een van die vissermanne het vroeg teruggekom en sy vrou met ‘n ander man gevind. In die voorste kamer, by die voordeur. Die presiese besonderhede wat daarna gebeur het, het al so met tyd bietjie ontduidelik geraak, maar iemand is dood.
Niemand het ooit die ou oom gesien spook nie, alhoewel dit altyd aardig was om na die buite badkamer te gaan. Daar was wel ‘n insedent, die een vakansie, met die woonstel vol mense. My ouers het die hoofslaapkamer afgestaan aan my Oupa en Ouma en het in die voorste spaarkamer gaan slaap.
Laat die nag, of sal ons sê vroeg oggend, daardie tyd wanneer alles rustig is, skop iemand die voordeur oop. Skop is die regte woord, want dit was so hard dat die deur oor die geswelde houtvloer gedruk het en die gangmuur getref het met ‘n slag wat almal kiertsregop in hul beddens laat sit het.

Die hele huis was wakker en met die kamer langs die voordeur, was my Pa dadelik op die toneel, maar daar was niemand. Die stoep was leeg, self die strate was leeg. Net die oop deur, wat my Pa met die hulp van my Oupa weer oor die swelde vloer moes kry om toe te maak.

My Oupa en Ouma het permanent in hierdie woonstel begin woon, terwyl hulle vir hul ‘n aftree huis gebou het op Gansbaai. Ons het nogsteeds vankansies daarheen gegaan en vriende van my ouers het die woonstel net bo ons begin huur.

Een vakansie, net na ons by die woonstel aankom gekom het, noem my Oupa vir my Pa dat hul vriende van die woonstel nr6, bo hulle, verskriklik hard werk. My Pa vrae toe baie verbaas hoekom my Oupa dit sou sê, want soos jy verstaan het sou die Rutters nie af Gansbaai toe kom nie.
Duidelik het hulle van plan verander, het my Oupa volgehou, want hy kon duidelik hoor hoe iemand met hak skoene, die hele oggend, op en af loop in die woonstel bo hulle. Natuurlik het dit in ‘n struiery verander en toe besluit hulle dat hulle self sal gaan kyk of die Rutters daar is.

Toe my Pa en Oupa by die woonstel aankom. Is die deur op slot en grendel. Niemand was daar nie. Of sal ons sê die Rutters was nie daar nie, want tot en my my Oupa se dood het hy volgehou dat hy duidelik die vrou kon hoor skoonmaak.

Die Rutter het na ‘n tyd uitgetrek en ons het die geleentheid geneem om na die boonste woonstel nr6 te skuif. Om na die boonste woonstel te gaan moet jy deur ‘n ingangsdeur aan die sykant van die woonstel gaan. Daar is ‘n lang gang, wat die buitekant koppel aan ‘n binnehof, op die grondvloer en dan is daar nog ‘n stel trappe wat jou na die boonste vloer neem, dit is waar hierdie woonstel nr 6 was. Die ingangsgang het ook sy eie stel trappe gehad na ‘n aparte woonstel. My Pa het geweet dat ons kinder bang was vir die gang. Ek sou deur hardloop om die lig aan te skakel, dan terug hardloop, sodat my sussie kan deurloop. Met die kennis beluit hy om vir ons ‘n poets te bak.

Hy kruip toe weg onder die trap, in die gang en wag dat ons moet deurloop sodat hy kan uitspring sodrae ons verby hom stap. Die ironie was dat teen die tyd wat jy moes uitspring, om ons skrik te maak, was hy net so bang! Jare later het hy erken dat hy die gegiggel van ‘n kind gehoor het. Asof daar iemand, wat jy nie kon sien nie, saammet hom in die opening weggekruip het.



Ek het uitgevrae oor die kind. Dit is‘n seuntjie. Hy het by die trap afgeval en is dood aan sy beserings. Die mense wat in die huis langsaan die woonstel woon, beleef tot vandag toe nog sy streke. Hy speel in en om die woonstelblok. Hulle sal kom kry asbakke rondskuif en ander ondeunde goedjies doen. Geen wonder hy het dit so geniet toe my Pa die poets gebak het nie.

Ek was ongeveer 10 jaar oud toe ons na nr6 geskuif het. Die kamer was skuins oorkant die kombuis en het een ruit na die binnehof, van die boonste vloer van die woonstel gehad. Die snaakste ding was dat ek nag na nag sal wakkerskrik en dan regop in my bed sit. Ek was seker iemand kyk vir my.

Die gevoel was so werklik dat ek sou opstaan en na die ruit gaan om seker te maak dat niemand daar was nie en om die gordyn nog stuiwer toe te maak. Ek sou sit en staar na die kamerdeur, maar sou niks sien nie. Ek kon nie verstaan hoekom ek so sou voel nie. Ons as kinders wou ook glad nie in die nag alleen na die badkamer gaan nie. Sou liewer knuip.

Toe ek ouer raak het ek my ouers begin uitvrae oor die woonstel en hul vertel van die snaakse vrees wat ek as kind gehad het. Hulle het toe aan my erken dat hulle ook dit ervaar het. My ouers sou in die bed lê en dan hoor hulle hoe iemand in die kombuis die messelaai oopmaak en toe maak. Hulle het selfs die geluid van ‘n struikplank, wat iemand gewig op sit wanneer jy stuik, gehoor. My Pa sou opstaan om te gaan kyk, maar daar was niemand. Dan sodrae hy terug in die kamer is hoor hy en my Ma voetstappe wat af in die gang agterna kom. Beide sal dan sit en wag om te sien wat in die kamerdeur gaan verskyn, maar niks het nie. Paar minuter later begin die skoonmaak, maar weer.



My Pa het toe begin uitvrae in die dorp. Die storie van nr6 in die woonstel is dat daar ‘n vrou haarself doodgeskok het in die badkamer. Sy was besig om die laaste wasgoed te doen en huis skoon te maak net voor haar man van die see sou afkom. Sy het reeds mooi aangetrek en moes net die laaste wasgoed gaan uithaal en ophang. Wat sy nie geweet het nie is dat die wasmasjien ‘n krag lek gehad het en dat die draad in ‘n poel water beland het. Die einste poel water waarin sy toe perongeluk trap en haarself toe dood skok.

Die snaakste ding is dat dit toe sin maak wat my Oupa al daardie jare terug gehoor het. Die vrou wat op en af stap en skoon maak.

Ek het onlangs besluit ek wil my vrees vir hierdie woonstel oorkom en as ‘n volwassene na die woonstel toe gaan. Die woonstel was onder konstuksie. Die mense het nie baie lank in nr 2 en nr. 6 gebly nie. Hulle het self die eenhede probeer verander in kantore, maar dit verander ook gereeld van eienaar.
Die woonstel eenhede was gesluit, maar ek kon toegang kry na die blok. Die styl trap by die ingangsgang was toe gebou en die holte het ‘n deur gekry.

Ek kon na die boonste vloer gaan, waar ek deur die ruit op die stoep gaan kyk het. Ek het besluit om foto te neem.



So waar, daar staan die tannie nogsteeds, as of sy my erken. Nou ja, dink nie sommer ek is reg om binne die woonstel te gaan nie. 




#hauntedhistoryRSA; #hauntedhistory; #ghost; #hauntings; #paranormal; #spoke





No comments:

Post a Comment